
WYNVEILING
3 Maart 2023 @ Laerskool Unika skoolsaal
Maak gereed vir ’n lekker aand met heerlike kaasborde, goeie geselskap, vermaak
en opwindende wyn wat opgeveil word!
Wynverkope tydens die wynveiling gaan in lotte met 6 bottels per lot geskied.
Lees gerus die katalogus deur met meer inligting oor elke lot.
Kaartjies is nou beskikbaar op Quicket en beloop R180 per kaartjie.
Dit sluit in ‘n welkomdrankie, vermaak en ‘n kaasbord in vir die aand.
(Vir besighede wat belangstel om kaartjies te koop of donasies te maak,
sal daar ’n Artikel 18A belastingsertifikaat met ’n donasiekode uitgereik word).
WEN!! WEN!! WEN!!
’n handgemaakte Houtlander drankkabinet ter waarde van R25 000,
handgemaakte houtwynkis gemaak deur Gary Noble van WoW Kids Workshop.
Die wynkis bevat ook 12 bottels wyn ter waarde van R3 000.
Die totale waarde beloop R28 000.


.jpeg)

Hoe koop ek 'n lootjie?
1 Lootjie kos R100, jy kan in intervalle van 100 lootjies koop op die skakel.
Gebruik asb. W JOU selfoonnommer en naam as verwysing


Die lang pad..
Lootjiekaartjies kos R100 per inskrywing en kan d.m.v. EFT direk by Unika Pre-Primêr gekoop word.
Hoe meer kaartjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen.
Gebruik asseblief die verwysing:
W JOU selfoonnommer en naam
Bv. W 0821122222 Karlien
Epos asb. jou bewys van betaling na martie.dussing@unikapp.co.za
Ons bankbesonderhede vir betaling is as volg:
Bv. W 0821122222 Karlien
Die prystrekking sal op die aand van die wynveiling plaasvind en die wenner sal in kennis gestel word.
BANK:
ACCOUNT HOLDER:
ACCOUNT NUMBER:
ACCOUNT TYPE:
BRANCH CODE:
REF:
ABSA
Unika Preprimêr
907 622 8675
Savings
632 005
W JOU selfoonnommer en naam
Waarheen gaan al die fondse?
Die doel van die wynveiling is om fondse in te samel vir
Unika Pre-Primêr se swembad-opgraderingsprojek.
Ons glo al die leerders sal baatvind by ’n onderdak-swembad
waar swemlesse tydens skooltyd aangebied kan word.